Oud- Jansies en personeel presteer op die rugbyveld
Deur Mia van Schalkwyk
Hier by Jansen swel die bors behoorlik. Die oud-Jansies hou ons naam hoog op die rugbyveld. Die innemende voormalige hoofseun, Marco Venter het uitgedraf vir Tukkies se 0/21 span en ons is trots op hulle welverdiende oorwinning. Saam met hom is daar ook ons eie nuwe student-onderwyser, meneer André van der Merwe wat ook met sy uitmuntende spel as loskopstut sy stem – of nee, sy nek- dikgemaak het. Werner Fourie, ook ‘n oud-Jansie, het as haker uitgedraf. Jansen is baie trots op die trio! Hulle was die trotse wenners van die immergewilde Varsity Cup en maak deel uit van nog ‘n stukkie TUKS-JANSIE geskiedenis.
Nie net maak die spelers ons Jansies trots nie, maar die afrigters, of coaches soos hulle bekend staan, ons ook trots. Mnr.Reghardt Botha, jarelange sportdirekteur by Hs Dr. E.G. Jansen sowel as Rudi Dames (direkteur) ,was die sterkte agter hierdie spanne. As gesoute breiers wat al naam in die rugbywêreld gemaak het, was ons niks minder te wagte nie. Jansen is ongelooflik trots op julle. Nou kyk julle, rugby is ons nasionale trots. Dit is ons provinsiale trots. Dit is ons Jansies se trots, onder andere… ons is trotse Jansies! Lank lewe goeie rugby.
