E.G. Jansen verwelkom meneer Gabriël Kotzé as Tegnologie-onderwyser. Hy was voorheen 'n onderwyser by Hoërskool Stephanus Roos. "Ek wil die klasse so lekker maak dat my periode die klas is wat niemand mis nie. Ek wil ook alles, waarby ek betrokke is, verbeter en meer pret maak."
Juffrou Shaandré Fourie gaan vir E.G. Jansen leerders Afrikaans aanbied. Sy was voorheen betrokke by Hoërskool Kempton Park en ook by Hoërskool Dinamika.
Meneer Estian Enslin, 'n oud-Jansie, gaan Rekeningkunde aanbied by E.G. Jansen. Hy sal graag die volgende verskil by Jansen wil maak: * Wil die dissipline in die skool verbeter * Wil 'n voorbeeld vir die seuns wees * Wil 'n groot verskil maak op die sportterrein.
Meneer Bart le Roux wat Lewensoriëntering gaan aanbied, het gematrikuleer by Hoërskool Framesby. Hy het onder andere gewerk by die Sharks (Pty) Ltd, by die Leopards Company, by Zebre Rugby en die Universiteit van Pretoria. "Ek wil graag E.G. Jansen help om een van die top akademiese- en rugbyskole te word. Ek wil ook die leerders help om as beter mense met uitstekende Christen waardes hier uit te stap."
E.G. Jansen wil elke nuwe onderwyser verwelkom! Mag julle jare as onderwysers hier vervullend en geseënd wees. #WelkomByJansen #Akademie2020 #JansenSeOnniesIsDieBeste
Comments