top of page

‘n Aand onder die sterre

Deur Kyra Pratt


Kan julle glo! Dis amper Oktobermaan- die mooiste mooiste maand- en Dr. EG Jansen het weereens ‘n betowerende aand vir al hul matrikulante beplan. Soos in die liedjie: “A sky full of stars,” deur Coldplay, beloof hierdie jaar se matriekafskeid ‘n onvergeetlike aand vol hoogtepunte te wees.


Vanjaar se spoggeleentheid vind Woensdag, 19 Oktober by Riverside Country Estate, in Springs, plaas en die gerugte in die gange is dat byna al die haarsalonne, naaltegnici, grimeerkunstenaars en fotograwe reeds vir daardie week vol bespreek is!

Ek was bevoorreg om met drie van vanjaar se matrikulante onderhoude te voer. Tydens hierdie gesprekke het ek binnekring-inligting oor hul uitrustings en metgeselle, uitgesnuffel…


Wandré Wolmarans, een van ons Jansieraadslede, se vlootblou pak klere moet nog gemaak word. Hy gaan saam met een van ons matriekmeisies en top langafstandatlete, Corlize Stoltz. Chanté Vosloo, wie se rok uit ‘n roomkleurige korset met ‘n wynrooi bostuk en romp bestaan, gaan die aand saam met haar vriendinne geniet! Ons derde brokkie nuus is oor Tayla Potgieter wie se kleurskema pers en swart is. Haar skepping is reeds gemaak en sy gaan aan Sebastian se sy die funksie bywoon.


Hierdie matriekafskeid gaan beslis die hoogtepunt van hul laaste skooljaar wees! Mag die aand onder die sterre onvergeetlik wees.


“ In a sky full of stars… we see you”

- Coldplay






0 comments

Recent Posts

See All

DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG Ons haal ons hoede af vir die busbestuurders van Hoërskool dr EG Jansen! Hulle staan soggens om 4 uur op om ons leerlinge op te tel en vertrek weer

bottom of page