Marco se boodskap...
Hierdie was nie hoe ek my matriekjaar sien afspeel het nie. Daar was drome, planne en daar was vooruitsigte. Hierdie dilemma was onvoorsiens.
Matrieks, vir julle net die volgende: “You, me, or nobody is gonna hit as hard as life. But it ain’t how hard you hit, it’s about how hard you can get hit, and keep moving forward” -Rocky Balboa
Die sukses van jou matriekjaar word nie bepaal deur n paar weke in graad twaalf nie. Dit is die “grand finale” van twaalf jaar se harde werk. Hierdie onverwagse struikelblok gaan ons nie onder kry nie. Ons as Matrieks van 2020 sal opstaan, vorentoe beweeg en sukses behaal! Ons sal onthou word as die groep wat dit “anders” gedoen het!
Hoërskool Dr EG Jansen bestaan al vir amper 70 jaar en geen leerder het al n pandemie beleef wat die wêreld tot stilstand geruk het nie. Julle maak geskiedenis!
Vertrou op julle onderwysers. Hulle sal sorg dat alle werk opgevang sal word en dat eksamens n sukses sal wees! Doen wat van julle verwag word en maak seker jy is ingelig oor wat in julle vakke aangaan. Indien jy onseker is, vra jou onderwysers en maats.
Sien die positiewe: hierdie bied n geleentheid om dinge te doen wat andersins verlore sou gaan. Al wat jy nou het is tyd. Gebruik dit konstruktief. Oefen, lees, spandeer tyd saam jou familie en verbeter jou menswees.
“Te min tyd” is altyd n verskoning om tyd saam met jou Skepper deur te bring. Jy Het Nou Tyd!
Kom ons sprei ons vlerke saam en vlieg tot hoër hoogtes. Alles gaan okay wees aan die einde en as dit nie okay is nie, is dit nie die einde nie!
Groete Marco Venter
