top of page

LEWE DIE MATRIEKS EN NUWE KUIKENS NOG?

Geskryf deur Zanel Visser





Na die lang Covid-19 pandemie is almal hierdie jaar reg vir n skoon bladsy.

Die Matrieks wat hard werk en fokus op hul toekoms met die graad aggies wat op almal se senuwees werk.

Maar hoe gaan dit nou eintlik met die Jansenkuikens en die ouer arende?



Die graad agts sê dat hulle opgewonde uitsien na al die hoërskooldrama en weet wat van hulle verwag word sodat hulle presies die teenoorgestelde kan doen!! Die meeste kuikens moet nog hulle vlerke kry en Dr EG Jansen is stap-vir-stap aan hulle sy.



Daarteenoor het ons die Matrieks van 2022! Hulle almal sien uit na hulle laaste jaar by Dr Eg Jansen alhoewel hulle dit gaan mis om kind te wees. Met hulle Arendsvlerke wyd oopgesprei reik hulle na hoër hoogtes wat ‘n goeie akademiese jaar en gatskopgees insluit!

Hier werk hulle vir n belowende toekoms, blinker as ons hoof se voorkop. Hulle sien uit na die nuwe hoofstuk in hulle lewens…

Hier by Dr Eg Jansen is daar ‘n tyd vir speel en n tyd vir werk en ons Matrieks, Kuikens en die res van die skool, brul soos ‘n leeu, is so slim soos Einstein, vol energie soos n kleuter en so sterk soos ‘n arend. Vlerke vir die lewe word hier gevorm.

Enigiets is moontlik. Mag julle ‘n baie voorspoedige 2022 hê.



0 comments

Recent Posts

See All

DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG Ons haal ons hoede af vir die busbestuurders van Hoërskool dr EG Jansen! Hulle staan soggens om 4 uur op om ons leerlinge op te tel en vertrek weer

bottom of page