top of page

LEES INSPIRASIE VIR JANSEN

Deur Kerry-Anne Beetge en Ewald Janse van Rensburg


Miskien hou jy nie van lees nie. Aksie en spanning val dalk eerder in jou kraal – of in jou boekrak.. Wel, kies een van Annerle Barnard se boeke en sien ‘n fliek ontvou soos in jou wildste verbeelding. Annerle skryf boeke spesifiek vir kinders wat juis nie van lees hou nie, maar ook vir volwassenes en jongmense wat GEK oor lees is.

12 April het Annerle ons bederf deur die graad 8’s te besoek. Sy het die geleentheid gebruik om hulle meer van haar boeke te vertel. Verder het sy van haar boeke aan die skool geskenk! Dit hou nou vir jou verrassings in! Juis daarom moet jy jou ore sowel as jou oë wawyd oophou.

Ek daag jou uit: tel ‘n boek op en lees. Lees is tog om te droom met jou oë oop. Onthou, ‘n skrywer begin slegs ‘n boek. Jy as leser maak dit klaar. Bly kalm en lees een van Annerle Barnard se boeke! Geen vriend kan ooit so lojaal soos n boek wees nie! Lank lewe die geskrewe woord!


Van Annerle Barnard se boeke wat jy dalk mag wen!



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page