• Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Jansen VCSV – Ons skaam ons nie vir die EVANGELIE nie.

Berig deur Chanté Aucamp; Anushka van Loggerenberg; Linné Albrecht


Mnr. Gerber het hierdie week by die VCSV n baie mooi boodskap aan ons oorgedra. Hy het ons herinner aan ons doel as die prinse en prinsesse van die Hemelse Koningkryk. Ons is God se verteenwoordigers. ONS is die Koningkryk van God en ons moet ons skatte bymekaar maak, maar ons moet dit op die regte plek bymekaarmaak. Hierdie regte plek is die hemel. Waar diewe dit nie snags kan steel nie en roes en mot dit nie kan verniel nie. Die Bybel sê: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”


By Jansen VCSV roep ons van die dakke af dat ons U s’n is. Ons lig op ons hande vir almal om te sien. Week na week maak ons ons harte vir U wawyd oop. Want ons skaam ons nie vir die Gospel nie.

0 comments

Recent Posts

See All