top of page

JANSEN FIETSRY:

JANSEN FIETSRY:


Op 11 April, neem E.G. Jansen vir die eerste keer aan die NWU Kleinsportereeks in die bergfietsafdeling deel.


Op 'n baie nat, modderige, gladde baan, na baie reën, moes ons ryers uithaal en wys. Die wedren was hierdie jaar gehou op die pragtige bane deur die natuurskoon van Koedoeslaagte net buite Parys, Vrystaat. Alhoewel, dit baie nat en modderig was, het ons ryers hul gate uit geniet en sal hul hierdie wedren nog lank onthou.


In die Junior-afdeling het Zayden Bartie deelgeneem en in die Senior-afdeling was dit Albert de Neyschen, Matt Luus en Luke Veldhuizen wat ons skool verteenwoordig het.


#JansenFietsry #LaatDieWieleRol #NWUKleinsportreeks






0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page