IN ‘n NEUTEDOP

Updated: Sep 2

deur Reinardt Werner

Visarende en Jansie trots, een in dieselfde.

Die Afrikaanse visarend is wêreldwyd bekend as 'n simbool van krag en word dikwels gebruik om die krag van 'n onderneming, land of organisasie aan te toon. Die Afrikakontinent is die trotse tuiste van hierdie majestueuse roofvoël.

Die Afrika-visarend of die Afrika see-arend is 'n groot arendsoort wat in Afrika suid van die Sahara voorkom, waar groot oop water met 'n oorvloed voedselvoorraad voorkom.

Hierdie arend se simboliek en betekenis sluit lojaliteit, toewyding, vryheid, waarheid, eer, hoop en versiendheid in.


Hierdie eienskappe is eie aan die Jansies en daarom is staan die visarend trots in ons wapen!

Deur harde werk en uithouvermoë kan ons almal hoog sweef soos arende!


0 comments

Recent Posts

See All