Hoofleiers 2022
Deur Chanté Aucamp en Nushka Smith
Die Jansieraad van 2022 het vanaf Vrydag 15 Oktober tot Sondag 17 Oktober hulle leierskamp by Camp Discovery in Pretoria bygewoon. Elke een van hulle het gebars met opgewondenheid die hele week voor die kamp.
Op die kamp het elke leier hulself bewys en daar is vir hoofleiers gestem. Die emosies en spanning was hoog in die dae wat tot die die bekendstelling opgeloop het. Die hoof en onnies lig ons in dat die stem en besluit van hoofleiers glad nie maklik was nie, aangesien die leiergroep so n sterk groep is.
Alhoewel dit moeielik was, is die beluite geneem, en heel akuraat in my opinie. Onderhoof van Akademie: Kime’ Steenkamp en Henco Potgieter. Kultuur: Vianette De Kock en Ruan Tredoux. Sport: Megan Du Buisson en Layton Smith. Sosiaal: Juanique Du Toit en Kyle Smith. En laastens maar nie die minste nie, Hoofdogter: Michelle Lubbe en Hoofseun: Corne’ Venter.
Daar is vir Corne’ en Michelle die vraag gevra: “Wat wil jy as hoofleier vir die skool sê en wat is jou vooruitsigte vir die skool ?”
Corne’ se antwoord op die vraag was: “Vir nou wil ek net sê. Kom ons vat hande en vertrou dat covid vir ons kans gaan gee om regte Jansies te wees sodat ons tot ons volle potensiaal kan ontwikkel.
My wens vir Jansen is dat almal weer in n eenheid sal vorm om die naam Dr. Eg Jansen nog hoër te lig…”
Michelle het geantwoord: “Sho hierdie vraag kan in verskillende paaie uitgerek word, maar meeste van alles wat ek sou sê is ek wil graag 'n verskil in Jansen maak deur die voorbeeld wat ek stel.
Om as hoofleier aangewys te word is sulke groot eer en eerstens voel ek nog steeds trots om julle te verteenwoordig in 2022. COVID-19 het baie dinge vir my geleer. Meeste van alles om dinge nie net vir "granted" te vat nie. Met alles wat covid kom steel het wil ek weer die gees in Jansen opbring, ek wil hê kinders moet trots wees om in hulle skoolklere rond te loop. Ek wil Jansen weer plaas op die podium waar Jansen hoort. Ek dink dit was genoeg tyd dat ons soos kuikens op die grond rondgeloop het, nou is dit tyd dat ons soos arende sweef. Ek wil ook Jansen se perspektief verander in die manier waarop ons vooruut dink.
Ek glo God het een groot plan vir Jansen en as Hy selfs 'n plan vir Jansen het, hoeveel te meer is Sy planne vir jou lewe nie. God het op my hart gelê dat dit 'n jaar sal wees van herlewing en dat die God se genade, goedheid en guns oor die skool sal uitgestrooi word. Al wat ek weet, is as ek al hierdie dinge wil behaal met my mede Jansieraad lede, dat daar net een persoon gaan wees wat my regdeur sal lei en dit is pappa God.”
Ons as Jansies is trots op ons nuwe hoofleiers, asook ons jansieraad. Ons sal julle ondersteun in alles wat julle ons moontlik in sal nodig kry. Vlieg hoog Jansieraad. Sprei julle vlerke en help om EG Jansen te kry waar ons behoort!

