top of page

Holy Moly

Updated: Nov 30, 2021

Deur Chanté Aucamp


6.02 × 10²³… Avogadro se getal, ook bekend as Mol.


Op die 23 Oktober 6:02 word Mol Dag in Chemie-wereld gevier. Hoekom op hierdie redelike spesifieke tyd en dag? Want, 6:02 op die 23ste van die 10de maand, sal in die Amerikaanse skryfwyse Avogadro se getal agterstevoor wys. Dit is n onoffisiele vakansiedag onder chemie-boffins.


Maar by Jansen het ons hierdie jaar die eer om Mol Dag n dag vroeër fees te vier. Aangesien die oorspronklike dag op n Saterdag val, het ons Wetenskap- leerders en – onnies besluit om dit n dag vroeër te vier.


So, op die 22 Oktober 2021 6:02, was al die Wetenskap-leerders en – onnies in die GallieMaree-huis om saam hierdie Wetenskaplike uitvinding te vier. Die plek was pragtig versier, die geselskap was uitmintend en ons het selfs ons eie Henco Potgieter gehad wat wetenskaplike gespeel het en vir ons n paar eksperimente gedoen het.


Ons het almal saam ontbyt geeet, gesels, gekuier, gelag, “selfies” geneem, koek geeet en in die koue gestaan om Henco se eksperimente te gewaar. Kyle Smith het vir ons guitar gespeel en van die seuns het vir ons spek en eiers gebraai.


Henco het ons monde oop laat staan met sy eksperimente. Daar is Joduiumoplossings gemaak, rose gevries met vloeibare stikstof en die vloeibare stiksof is gebuik om roomys te vries, aangesien die kookpunt by -195,8 grade celcius le. Dit was by ver my gunsteling eksperiment!


Al te gou het ons Mol Dag tot n einde gekom. Almal het gehelp skoonmaak en na hulle klasse verterk. Fotos is geneem en herinneringe wat ons n leeftyd sal hou, is gemaak.






0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page