top of page

Handleiding tot Handjietennis

Deur Sydney Farren en Caitlin Kotse


Voorskool? Handjietennis. Pouses? Handjietennis. Naskool? Handjietennis!


Jy sien elke pouse op die aantreeblad die leerlinge speel ,maar tog wonder n mens hoe die opwindende speletjie werk.


Daar is ‘n speler in elke blok.

Jy het n Koning, koningin en Jack en dan is daar ‘n paar blokke sonder name en laastens die toilet.


Om die speletjie te begin hop jy die bal eerste in jou eie blok. Om een van die ander spelers uit te speel moet jy die bal in jou eie blok hop en dan in hulle blok sonder dat hulle hom raak of terugslaan. As jy Koning is en jy word uitgespeel, gaan jy direk toilet toe en as jy in enige ander posisie is val jy terug in die ry van almal wat graag wil speel. Die speletjie kan aanhou vir so lank as wat jy wil.


Om ‘n rondte oor te begin, moet iemand die bal op die lyn van een van die blokke hop of ñ ander speler uitspeel. Hierdie spel is vet pret en eke keer as iemand uitgespeel word sal jy die opgewonde gejuig hoor- maak nie saak of jy op die stoepe of in die kafeteria sit is nie. 


Sien jy kans? Kom! Kom maak nuwe vriende!



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page