Ons is baie bevoorreg om vandag ‘n bekende skrywer, Mev Annerle Barnard hier by ons te verwelkom. Sy skryf boeke vir tieners – in Afrikaans praat ons van jeugliteratuur. . Graad 8’s, julle doen letterkunde projekte in die derde kwartaal oor ‘n skrywer van jul keuse- luister mooi- hoe lekker is dit om jou taak te doen oor iemand wat jy al in lewende lywe gesien en ontmoet het. . Van haar bekendste boeke wat sy geskryf het, is SWEEPSLAG, SINDIKAAT EN SPEL, waarvoor sy die Sanlamprys gewen het. Me Barnard, dit is vir ons ‘n groot voorreg om u vandag hier by ons te verwelkom. Ons luister graag.
top of page
Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

bottom of page
Comments