top of page

Gasvryheidsprakties – Senutergend maar ook pret!

Deur Denica Kruger en Kyra Pratt ‘Om die resep te volg of nie?’ Dit is die vraag wat die graad 10 Jansies in die gesig gestaar het. Hulle opdrag? Maak sjokolade skyfies en kaas muffins! Hulle moes die bul by die horings pak.Tussen die panne wat klap en die eiers wat kraak, help Juffrou Lubbe die voornemende sjefs om in die regte rigting te beweeg. Die resepte word stap vir stap gevolg.
Alhoewel die bakpoeier vergete gestaan het op vergeetagtiges se werksarea en ander se oond te hoog gestel was, het die meeste leerders se sjokoladeskyfie en kaas muffins vinger-lek-lekker uitgekom. Met harte wat vinnig klop en bene wat bewe het die meestersjefs in wording angstig gewag vir Juffrou Lubbe om hul disse te beoordeel en die punte toe te ken. Met elke leerder in hul eie persoonlike individuele uniform en voorskoot, is kreatiewe idees saam na die kombuis gebring. Buite-die-boks-dink was nie ‘n vergesogte idee in die Gasvryheidsklas nie.
Elke oomblik in die kombuis is pret by Hoërskool Dr. EG Jansen se Hotelskool, selfs die meer stresvolle dele. So gaan daar nog baie naelbyt-dae en hopelik smullekker geregte opgetower word. Ons is mos wat ons (w)eet, of hoe?


0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page