EGJ verloor ‘n groot gees.

Dit is met diep hartseer en weemoed dat EGJ vandag een van sy groot geeste finaal moet groet. Me. Lynette Nel (55) is gisteraand (27/3) om 18:50 oorlede.


Na haar gru motorongeluk vroegoggend op 2 Oktober 2019, en 'n maandelange, moeitevolle herstelpad daarna, het sy haar stryd verloor.


EGJ se personeel en leerlinge dink met deernis terug aan die betekenisvolle en waardevolle pad wat hulle saam met haar gestap het. Sy het met haar kleurryke en koesterende persoonlikheid mense aangeraak en hegte vriendskappe gesmee.


Sy was vir ongeveer 16 jaar deel van EGJ en in hierdie tyd het sy onuitwisbare spore getrap in die Afrikaansdepartement, in vele van die skool se projekte en in die harte van haar leerlinge. Haar medelye met ander het haar as 'n besondere omgeemens onderskei.


Ons innige medelye gaan aan haar gesin en familie.


EGJ groet Lynette Nel in die woorde (effens gewysig) van Koos du Plessis:

Jy hoor ons nie meer nie;

ons se maar tot siens.

Ons sal jou nie steur nie;

ons loop ongesiens,

want jy is in oorde

waar drome nog blom.

Ons groet sonder woorde,

want hartseer is stom.


M. Flemming



Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate: S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen.