EG Jansen Spog met hulle Gholfmanne !

Deur Jared Venter




James Van Der Merwe (gr10), Adrian Ristow (gr9), Nico Steyn (gr10)en Wiehann Potgieter (gr10) het Maandag, 16 Augustus 2021, die streek tydens die Easterns Toernooi in die B-liga aangevat!


Hulle het gewys wat in hulle steek en die Jansie-naam hoog gehou! Die toernooi het by ERPM- golfbaan plaasgevind waar die manne 135 punte ingesamel het. Hulle het hulself goed van hul taak gekwyt! Hulle het vir ‘n baie opwindende golfdag gesorg en die toernooi gewen!


Die Jansies is geweldig trots op ons manne !

0 comments

Recent Posts

See All