top of page

DRAMA, DRAMA, DRAMA

Updated: Jan 31, 2022

Deur JOANIQUE DU TOIT

Is drama jou forté? Kom leef jou talente uit en sprei jou vlerke! Neem aan enige die volgende Kunswedstryde deel. EG Jansen erken Vivarte Kunstefees, Con Spirito, Germiston, Heidelberg, Alberton, Kempton Park, Teatro Arti, Eclectic Eisteddfod en Dell’ Arte.


Bogenoemde Kunswedstryde bied ‘n verskeidenheid items aan: Drama, sang, dans, kuns, skryf en redenaars. Al wat jy moet doen, is om 80 kredietpunte te behaal vir ‘n balkie, 130 punte vir prestasiekleure en as jy 2 opeenvolgende jare prestasiekleure ontvang, kry jy ereklere. Vir ‘n Jansie is enigiets moontlik.


Ongelukkig is 2021 se inskrywings reeds gesluit, maar maak jou gladde bek reg vir 2022.


Baie geluk aan elke leerling wat die jaar aan bogenoemde Kunswedstryde deelgeneem het. Julle hou ons Jansie naam hoog! Baie sterkte aan almal wat nog aan Dell’ Arte, Eclectic Eisteddfod en Germiston moet deelneem. Doen jou bes en God doen die res! ONTHOU die belangrikste is om dit te geniet!!

Ons eie graad 11-groep het Vrydag, 13 Augustus, aan Conspirito Kunswedstryd se spanredenaarkompetisie deelgeneem en 97% behaal. Baie geluk :)

Rek jou bek en bou jou toekoms met hope selfvertroue. ONS SAL HANDHAAF!



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page