top of page

DIE REVUE VAN 2022 VERLOOP SKITTEREND

Deur Kyra Pratt


Dis nie net danspassies en ritme wat hier tel nie, maar ook spiere – ja groot spiere – ons manne lig meisies op en swaai hulle rond en dis maar net die begin! Hierdie jaar se revue beoog om weer ‘n groot hoogtepunt op die kuns-en-kultuurkalender te wees.


Die sanggroepuitdunne het reeds op 3 Mei plaasgevind en elke rocker, solis, kletsrymer en operasanger was welkom. Ateljee-opnames van elke lied sal binne die volgende paar weke plaasvind wat ‘n profesionele afronding aan die DVD-opnames sal bied.


Die revue-lede sien uit na die oefenweek wat tydens die vakansie plaasvind. Dis hier waar elke dans vervolmaak word, finale afronding gebeur en hegte vriendskappe gesmee word. Daar heers groot opwinding onder die revue-lede en almal sien uit na die groot aand...



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page