top of page

CSV hier gaaat ons weer!

Deur Zanel Visser


Ons geloof tel. Daarom kom ons elke Donderdag gedurende 1ste pouse in die saal bymekaar of ons geniet die buitelug by ons gunsteling pawiljoen. Almal is welkom by hierdie geleenthede. Geestelike kos vir jou siel is net wat jy nodig het om jou batterye op geestelike vlak te herlaai.

Sjoe, ons sprekers stel nooit teleur nie en bring boodskappe wat jou diep laat nadink, jy weet, sommer so oor alles.


Al ooit gewonder wie is in beheer van wat gebeur by die VCSV?(Verenigde Christen Studentevereniging)?


Hier is jou antwoord. Die CSV- leiers is ‘n groep graad 10 en 11 leerders wat n verskil wil maak. Hoe meer siele, hoe meer vreugde, glo hulle. Dié groepie is in beheer en besluit wat by die CSV aangevang word. Hier hou die onderwysers net ‘n ogie op die gebeure en vertrou die keuses, natuurlik maak hulle seker dat verrigtinge seepglad verloop.


Oor Pase…Die graf is leeg maar ons harte is vol.

Hoekom is n paaseier hol? Want dit simboliseer die leë graf.


Christene is al gelowiges wat glo dat Jesus weer opgestaan het en vir ons sondes gesterf het. Ons skool het nie die geleentheid gemis om weereens te benadruk waaroor Paasfees nou eintlik gaan nie. Soms het ‘n mens net nodig om te hoor dat dit nie regtig om paaseiers wegsteek gaan nie, maar Jesus se kruisiging en opstanding.


Jou geloof is ‘n groot deel van wie jy is, en eintlik alles wat jy nodig het as jy die liefde van God verstaan.


Ek nooi jou uit om elke Donderdag saam met ons te lofprys, glimlag, luister en terug te kom na die Here toe.


Jesus is lief vir JOU! So, waarvoor wag jy, kom kyk en ervaar, jy sal ons later bedank!


0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page