top of page

Jongste nuus rakende mev. Lynette Nel


Lynette is op 29 Desember 2019 oorgeplaas na 'n gewone saal, nadat sy meer as 80 dae in die Intensiewe Sorgeenheid deurgebring het.Sy gesels alhoewel sy baie moeg is van die fisioterapie en pynmedikasie. Op 2 Januarie 2020 is sy oorgeplaas na die Netcare Rehabilitasiesentrum in Johannesburg. Sy word daagliks geassesseer deur 'n fisioterapeut, 'n psigiater en 'n dokter wat hulle uitstekend van hulle taak kwyt.Lynette het 'n komplekse vorm van poly - trauma, maar hulle eerste prioriteit is om aandag te gee aan haar fisiese gesondheid. Daar is ook nog opvolg - operasies wat gedoen moet word. Sy sterk egter goed aan en werk goed saam, maar die rehabilitasie gaan 'n lang en stadige proses wees. Sy sal 'n lekker geselsbrief waardeer - kollegas, ouers en leerders is welkom om vir haar te skryf. Dit kan persoonlik by mev. Sandy Schwartz afgelewer word of aan haar ge - epos by sandy@egjansen.co.za - dit sal dan na Lynette toe geneem word. Baie dankie vir almal se omgee en belangstelling. Dit word opreg waardeer. Jansengroete

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page