top of page

Ons groet groot geeste van ons skool in 2019


Mnr. Gys Loots, Jansen se ysterman, wat op alle gebiede vir soveel mense 'n vaderfiguur was, gaan uiteindelik op welverdiende pensioen op die rype ouderdom van 73! Hy los groot skoene wat gevul moet word. Ons wens hom en sy familie alle voorspoed vir die toekoms toe. Mev. Magda Booysen, die onderwyseres wat die langste ooit by Jansen skoolgehou het! 'n Volle 37 jaar by een skool! Sy het vir soveel dames en dogters geleer deur voorbeeld wat dit beteken om 'n ware dame te wees. Dankie, vir die wonderlike tye wat u by ons skool betrokke was. Geniet die aftrede en mag jyen jou gesin geseën wees met baie geluk en gesondheid. Mev. Yolanda Pretorius, een van Jansen se eie leerlinge wat hier grootgeword het en later hier 'n studentepos gekry het. 17 jaar later en sy sprei haar arendsvlerke en verlaat ons Nessie. Ons gaan jou mis. Mnr. Johan (Boela) du Toit. Daar is nie een seun wat in Jansen die afgelope 16 jaar was wat mnr. Boela nie geken het nie. Hy het 'n groot verskil in veral die Jansenseuns se lewens gemaak. Sterkte vir jou en jou gesin met jul nuwe begin in Nieu-Seeland. Ons groet ook mej. Adele du Toit wat 'n kort tydjie by ons skool betrokke was maar haar stempel veral by die CSV en barmhartigheidsprogram afgedruk het. Geniet jou nuwe avontuur in Panama. Mev. Eurika Le Roux was miskien net twee jaar by EG Jansen, maar het sy so 'n positiewe rol in vele personeel en kinders se lewens gespeel. Sy het altyd met 'n glimlag en 'n grappie mense beter laat voel. Ons funksies gaan nie dieselfde wees sonder haar wees nie. Mag jou nuwe begin in George net voorspoed en geluk bring! #JansenPersoneel #OnsGroet

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page