top of page

GRAAD 8-KAMP


Moet dit nie misloop nie. Die kamp vind vanaf Sondag 12 Januarie tot en met Dinsdag 14 Januarie 2020 by Warthogg Inn (naby Brits) plaas. https://web.facebook.com/Warthog-Inn-Adventure-Camp-141769822654913/ Waarom is dit 'n goeie besluit om u kind op die kamp te laat gaan? Hier kry die Jansieraad 'n geleentheid om baie nou saam met die graad 8-leerlinge te werk om hulle voor te berei vir die hoërskool. Die koste vir die kamp beloop R800 (kamp,vervoer en T-hemp) per leerling. Internetbetalings of direkte deposito's:ABSA Eastlands, rekeningnommer 230390126, verwysing: Gr. 8-kamp 2020

Alle bewys van betalings en vrywaringsvorms moet direk na die finansiële kantoor gestuur word na annette@egjansen.co.za.

https://www.egjansen.co.za/graad-8-2020 Die graad 8's moet op 12 Januarie 2020 reeds om 07:00 aanmeld in Dr.E.G.Jansen se skoolsaal. Benodighede vir die kamp: Julle uitstappie is na die bosveld en julle sal die volgende moet saamneem: 1. SLAAPTOERUSTING: Die rondawels het bunkerbeddens in met sponsmatras. * Slaapsak of kombers of duvets. * Warm slaapklere (bv. sweetpak). * Kussing 2. KLERE: * Warm truie of baadjie. * Swemklere. * Ou klere — ONTHOU JY IS IN DIE BOS! * Kouse. * Loopskoene (tekkies of stapskoene). * Plakkies is opsioneel. * 2 handdoeke (een vir swem). * Hoed of 'n 'keps'. ​​ 3. EETGEREI: * Mes/Vurk/Lepel. * Bord en Beker. * Waterbottel. * Opwaslappe. 4. ALGEMEEN: * Bybel. * Medikasie indien benodig. * `Sunblock', dit is bale warm in BRITS — Faktor 20 en hoër. * Flitslig. * Pen en notaboekie. * Insekweerder (muskiete). * GEEN RADIO'S OF SELLULêRE FONE WORD TOEGELAAT NIE. * Bagasieruimte is beperk. * Pak oordeelkundig. * 'n Positiewe gesindheid.

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page