top of page

Baie sterkte ...


Lynette Nel, onderwyseres verbonde aan Dr. E.G. Jansen, was op 3 Oktober 2019 in ’n baie ernstige motorongeluk betrokke. Sy is tans in die waakeenheid van die Unie Hosptiaal in Alberton (trauma-eenheid) waar sy uitstekende behandeling en sorg kry. Al Dr. E.G. Jansen se personeel en leerlinge dra haar op aan God se genade. Een van EGJ se graad 12-leerlinge het in ’n brief aan haar en haar familie saamgevat wat sy vir EG Jansen en sy leerlinge beteken: Almagtige God en hemelse vader. Dankie dat U hierdie wonderlike persoon vir ons gespaar het. Dankie dat U hand van beskerming oor haar was in die ongeluk, hospitaal en nou in die koma. Liewe Heer, dankie dat U haar sterk hou. Dat U by haar staan terwyl sy aanhoudend veg. Vader, ek vra dat U haar gesin sal troos en hul beskerm. Amen Juffrou ek weet ek kan ni nou daar by juffrou wees om die gebed oor juffrou uit te spreek nie, maar ek hoop een van juffrou se famielie lede sal dit namens my doen. Ek weet juffrou veg en ek weet juffrou sal sterker hier uitkom. Ek het vanoggend eers die nuus gekry oor juffrou en dit het my hart gebreek. Ek het die vorige aand niks geslaap nie. Maar tannie Sandy het my herinner wat juffrou altyd vir my gesê het. " Bly net sterk en alles sal goed uitwerk, want dis in die Here se hande." Baie dankie vir alles. Ons bid elke oomblik vir juffrou. Met liefde❤ Danielle Kloppers (Artikel geskryf deur mev. Marlene Flemming : Departementshoof Afrikaans)

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page