FANIE VILJOEN BESOEK HOëRSKOOL DR. EG JANSEN
Met die handskrif van ‘n dokter en die verbeelding van ‘n tiener het Fanie Viljoen, die skrywer van Onderwêreld, beslis ons graad 11’s se Woensdag kom opkikker met sy droë sin vir humor en sy interessante skryftegnieke.
Hy het verduidelik dat die tema vir Onderwereld tegnologie was Hy het navorsing begin doen oor kuberkrakery of beter bekend in tienertaal as “hacking”. Sy navorsing het gestrek van polisiekantore, prokureurs, die Drakensberge tot en met regte kuberkrakers. Hierdie navorsing het selfs ‘n vrees vir kuberkrakers by Fanie laat ontwikkel, sodat hy sulke sterk wagwoorde geskep om uit die kuberkrakers se kloue te bly!!!! Die grootste gelag het plaasgevind toe Fanie se idees/foto’s van sy karakters met ons idees vergelyk is.. Tydskriffoto’s van hoe Fanie sy karakters gesien het, het gesorg vir groot pret in Laerskool Concordia se hoofsaal. Greg, die hoofkarakter, se foto het beslis menige tienermeisie se beeld van die perfekte hoofseun te gronde laat gaan.Daar was beslis ‘n duidelike verskil in hoe ons die karakters gesien het, met dit wat Fanie in gedagte gehad het. Gelukkig was anders nog nooit vervelig nie. Onderwêreld se opvolg Donkerweb het ons beslis op die punte van ons stoele gehad. Die eerste sin het ons met geskokte gesigte gelos…MAAR die geheim sal ons nie verklap nie. Ons is ook bekend gestel aan van Fanie se ander boeke soos Brand, Veldiep en Breinbliksem. Baie dankie aan Fanie Viljoen en Henk Viljoen vir die besoek aan EG Jansen, ons het dit terdeë geniet. Dit het beslis ‘n nuwe waardering vir skrywers by baie van ons gr.11’s gelaat. BAIE, BAIE DANKIE aan mnr. Blignaut en mnr. Claasen vir die hartlike ontvangs en die gebruik van die NOMMER 1 laerskool in die land – LAERSKOOL CONCORDIA - se skoolsaal. Baie dankie aan mnr. Peet de Kock vir die hulp met die klank en video’s. Dit word opreg waardeer. Deur: Lindi Joubert en Bianca Vermeulen Trotse gr. 11 – Jansies







