Suzaan (gr.9) wen goud by Samurai Cup!
Die Goju Kai Crawford Italia en Midrand Martial Arts Academy hou jaarliks die Samurai Cup in Midrand. Hierdie toernooi gee karatekas van alle style die geleentheid om hulle voor te berei vir groter kompetisies en die SA karatekampioenskappe. Suzaan Botha, het hierdie jaar Goud in Kumite en Brons in Kata verower. Haar mede-deelnemers het almal swart belde en Suzaan, wat tans net 'n pers beld het, het weereens gewys dat sy nog groot hoogtes gaan bereik in hierdie sport. Suzaan fokus nou op die Goju Kai nasionale kampioenskappe wat op 19 September in Port Elizabeth aangebied sal word. EGJ wens Suzaan sterkte toe met die nasionale kampioenskappe. #Karate2019 #SportByJansen
