top of page

PRYSUITDELING 2019/2020


Op ons skool se jaarprogram is aangedui dat die Juniorprysuitdeling op Woensdag 9 Oktober en die Seniorprysuitdeling op Donderdag 10 Oktober plaasvind. • Die skool het besluit om Woensdag 9 Oktober se Juniorprysuitdeling te verander na 'n Sportprysuitdeling vir juniors en seniors • Donderdag 10 Oktober se Seniorprysuitdeling verander na Kultuurprysuitdeling vir juniors en seniors Die graad 12's se Akademiese Toptoekennings gaan ook op die aand uitgedeel word • Die Akademiese prysuitdeling vir graad 8 tot 11 sal in Januarie 2020 plaasvind; 'n datum sal eersdaags aan u deurgegee word Die leerders gaan hierdie jaar ook in die saal sit tydens alle prysuitdelings. Om hierdie geleenthede suksesvol te laat plaasvind, versoek ons ouers om vooraf kaartjies in die kantoor te bespreek vir die onderskeie aande. Reëlings sal duidelik aan leerders deurgegee word. Elke leerder wat 'n toekenning tydens die aand gaan ontvang, kan slegs twee gaste saambring. Ongclukkig kan ons net 'n sekere aantal ouers in die saal akkommodeer. Besprekings kan eers na die Septembervakansie gemaak word. Baie dankie met u samewerking in die verband. Ons glo die aande gaan glad verloop en u gaan baie trots wees op u kind! #Prysuitdeling2019 #EGJ

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page