top of page

MATRIEKAFSKEID 2019: FINALE REËLINGS


Aankoms van matrikulante geskied vanaf 18:00 tot 19:00. Die ouers is welkom om saam met ons ‘n sjerrie of vrugtesap te geniet en om foto’s saam met u seun/ dogter te neem. U is ook baie welkom om die saal te besigtig tot ongeveer 18:45 aangesien ons stiptelik om 19:00 met die amptelike verrigtinge gaan begin. Slegs matrikulante van Hoërskool Dr. E. G. Jansen mag die martriekafskeid bywoon. ‘n Reëling waarvan die leerders al sedert 2012 bewus is. Ons versoek ook dat geen matrikulant die funksie voor 23:00 sal verlaat nie. Daar is ‘n “photo booth” op die aand. R25 per foto. Onthou dus jou kontant om te betaal vir die foto’s. GEEN foto’s word op skuld geneem nie. Aanwysings na Thabong: • Neem die N17 – snelweg na Brakpan (Carnival City) • Gaan deur die tolhek ( R11.40) • Neem die Denneweg afrit • Draai regs by einde van afrit (Denneweg) • Ry tot by BP-garage en draai links in Springsweg • Ry tot by 2de verkeerslig, draai links in Collieryweg • Ry tot by stopstraat, draai links in Witbokkiestraat • Ry tot aan die einde van die straat, laaste swarthek aan linkerkant is die ingang na Thabong. • Uitgang vir motors is in Denneweg. #Matrieks2019 #Matriekafskeid

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page