top of page

ATLETIEKBYEENKOMS TE OOS-MOOT


INLIGTING RAKENDE VRIENDSKAPLIKE BYEENKOMS: 4 SEPTEMBER 2019 1. ALGEMEEN Deelnemende skole is soos volg: Hoërskool Montana Hoërskool Helpmekaar Hoërskool Oos-Moot Hoërskool Pretoria-Noord Hoërskool Garsfontein Hoërskool E.G. Jansen Prestige College Die byeenkoms begin 14:45 en eindig ongeveer 20:30. Die oppervlakte van die baan is gras. Die aanloop vir die verspring, spiesgooi en hoogspring A + B is tartan. Atlete kan soos volg ingeskryf word: - 2 tot 3 atlete in die 100m, 200m, 400m, 800m kort hekkies en lang hekkies - 4 atlete in die velditems 2. TOEGANG Leerders in skooldrag - gratis. Ander toeskouers - R5. Parkering: Binne die terrein - R10 3. VERTREK Busse sal om 13:00 vertrek. Aankoms: ongeveer 21:30 4. KLEREDRAG Vol Dr. E.G. Jansen drag. Geen ander kleredrag nie. Die byeenkoms is vriendskaplik. E.G. Jansen kan soveel as moontlik atlete inskryf. Atletiekgroete Stefan Blunden #Atletiek2019 #AtletiekByJansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page