DISCHEM EAST RAND MALL het op 25 Julie 2019 die dogters kom toespreek oor velsorg en grimering. Marlene Karstens en haar span kundige dames het die volgende velsorgwenke met ons gedeel: 1. Velsorg is nie opsioneel nie, dit is ‘n vereiste om vroeë veroudering te voorkom en dit begin nou. 2. ‘n Goeie velsorgroetine bestaan uit ‘n goeie gesigwas, toner en vogroom wat by jou veltipe pas. 3. ‘n Goeie sonskerm met ultraviolet is natuurlik ook ‘n vereiste. Jou dagroom en nagroom moet aan die UV vereistes voldoen – dit help om teen veroudering te baklei. Tydens die vraag-en-antwoordsessies het die dogters lekker gekompeteer om ‘n ontvanger te wees van die handsakke en grimeersakkies wat as geskenkies uitgedeel is. Elke gr.12-dogter het ook ‘n gratis geskenkbewys ontvang om hulle grimering vir die matriekafskeid by DISCHEM EAST RAND MALL te laat doen. Elke gr.11 en gr.12 dogter is ook bederf met ‘n grimeersakkie en lipsalf. Marlene en haar span is altyd gereed om enige iemand behulpsaam te wees oor velsorg en grimering. Gaan besoek hulle gerus by DISCHEM EAST RAND MALL. Namens Hoërskool Dr. EG Jansen wil ons net baie dankie sê aan Marlene en DISCHEM EAST RAND MALL. Die dogters het werklik baat gevind by die sessie en die middag baie geniet. Deur: Nicole Dembskey Redaktrise : Die Arend