E.G. Jansen se eie Robin Hood!
By EGJ is daar leerlinge wat presteer in verskeie rigtings. Louise Matthysen, 'n gr. 12-leerling, het Saterdag, 20 Julie, deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse 3D Boogskutters kompetisie in Springs. Die kompetisie behels 20 teikens, 1 pyl per teiken. Die hoogste telling wat per teiken verdien kan word is 11 punte. Louise wen die "Female youth"-afdeling met 'n telling van 160, waarvan sy 4 teikens met 11 punte elk wen. Louise neem lesse by Dynamics Archery in Springs, by afrigter Me. Grietjie Poolman. Me. Poolman het self 4 Suid-Afrikaanse rekords in boogskuttery. Wat 'n skieterinde prestasie! #Boogskut2019 #SportByJansen








