top of page

Gebedsversoek:


Ons vra asseblief dat almal saam sal staan en hande vat in gebed vir Mnr. Top se vrou Arlett Top. Mev. Top is baie siek en is nou al vir 6 weke in die ICU by die Arwyp kliniek in Kemptonpark. Sy is gediagnoseer met stadium 4 servikale kanker. Sy het ook al 'n paar operasies ondergaan, as gevolg van verskye komplikasies en wag om met behandeling te kan begin vir die kanker waarmee sy gediagnoseer is. Ons vra dat almal sal saam staan in geloof en sal onthou van die kragtige werking van gebed. Gaan kyk na Matteus 7:7-8: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” En in Hebreërs 11: 1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Kom ons vergeet nie van die Vader se magtige liefde en krag van genesing. Glo saam met ons vir die pad wat nog voorlê en hou assbelief die familie in julle gebede.

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page