Ons innige meegevoel...
Hoërskool Dr. E.G. Jansen betuig hulle innige meegevoel met die groot verlies van Benjamin Hattingh se afsterwe. Benjamin was 'n oud-Jansie wat in 2012 gematrikuleer het. Ons bid vir krag vir die familie, naasbestaandes en vriende in hierdie ongelooflike hartseer tyd. Mag God julle vertroos en styf vashou. #RusInVrede Teraardebestelling Besonderhede: Ons vier sy wonderlike lewe om 11:00 Dinsdag oggend 25 Junie 2019 by AGS Brandpunt, Dehavillandlaan, Impala Park, Boksburg. Koffie/tee sal bedien word by die kerk, na afloop van die diens en teraardebestelling. Benjamin Hattingh se liggaam het ons verlaat, maar ons weet hy maak nou musiek in Hemelse plekke.
