top of page

AANLYN REGISTRASIES MAAK VANDAG OOP!


PROSEDURE VIR DIE REGISTRASIE VAN GRAAD 8 LEERDERS – 2020 1. Aanlyn webblad vir registrasie maak vandag, 20 Mei 2019 oop – die webblad adres is www.gdeadmissions.gov.za. 2. Die webblad sluit op 22 Julie weer – dan kan geen verdere registrasies plaasvind nie. 3. Dokumente volgens die Departement vereistes kan saam met die oorspronklike Dr E G Jansen inligtingsboekie ingegee word. Dit moet gebeur voor 24 Julie. 4. Teen 5 Augustus sal ‘n waglys deur die Departement na die skool deurgegee word na aanleiding van die dokumente wat ingedien is om aansoeke te staaf. (Geen aansoek sal goedgekeur word sonder die nodige dokumentasie nie). 5. Ouers sal op 27 Augustus ‘n boodskap kry op hul selfoon met ‘n aanbod vanaf E G Jansen. 6. Die aanbod moet aanvaar word vanaf 27 Augustus tot 5 September anders gaan kinders automaties geplaas word by skole die naaste aan hul huis adres. Dit kan gedoen word deur die skool te kontak en te laat weet of die leerling nog defintief EG Jansen toe wil kom. Dokumentasie benodig: 1. Afskrif van leerling se geboorte sertifikaat 2. Afskrif van beide ouers se ID Dokumente 3. Bewys van adres 4. Laaste skool rapport 5. Indien beskikbaar Immunisasie sertifikaat 6. Twee ID grootte fotos Ons sal ten alle tye beskikbaar sal wees indien u enige probleme ondervind.​ Kontak Daleen Els vir verdere navrae: Tel: (011) 826 1538/9 Faks: (011) 823 2139 E-pos: navrae@egjansen.co.za https://www.egjansen.co.za/inskrywings 


0 comments

Recent Posts

See All

DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG Ons haal ons hoede af vir die busbestuurders van Hoërskool dr EG Jansen! Hulle staan soggens om 4 uur op om ons leerlinge op te tel en vertrek weer

bottom of page