top of page

TENNIS NUUS


1. Tennis reën uit: Die NWU Potchefstroom tennistoernooi het op die laaste dag uitgereën wat beteken het dat die finale rondtes nie gespeel kon word. Ten spyte van die weer, deel E.G. Jansen se juniorspan die 7e en 8e-posisie met Hoërskool Kempton Park en die seniorspan deel die 9e en 10e-posisie met Hoërskool Eldoraigne. Baie dankie aan elke speler wat hulle beste gelewer het! 2, Boksburg Advertiser het ook 'n hiedie prag rubriek geskryf: "EG Jansen tennisspelers vaar goed by toernooie" Dominique Jansen van Vuuren (15) en Stylé-Lee Elliott (14) het albei Hoërskool Dr EG Jansen se naam hoog gehou toe hulle die afgelope vakansie aan verskeie kompetisies deelgeneem het. In die Intemasionale Tennis Federasie (ITF) Graad Twee-kompetisie in Brooklyn, het Dominique tot die tweede kwalfiserende rondte deurgedring. Sy het ook vyf rondes by die ITF Graad Drie-kompetisie in Potchefstroom gewen. "Ek wil graag eendag teen internasionale spelers meeding en ek glo dat ek hierdie droom met die hulp van my dinamiese afrigter, Allan Karam, sal kan bereik," vertel Dominique. Skylé-Lee het ook beïndruk by die Growthpoint Junior Nationals in Bloemfontein. Sy het negende uit 'n groep van 48 geëindig. Sy het in April in die top ses van haar ouderdomsgroep by die Oos-Gauteng proewe geëindig en is gekies om Oos-Gauteng te verteenwoordig. Sy het haar hart uit gespeel en die finale uitslae het al haar verwagtinge oortref toe sy agtste uit 32 spelers gekom het. "My afrigter, Allan Karam, is 'n uitstekende afrigter en ek leer verskriklik baie by hom," vertel Skylé-Lee. Sy droom ook daarvan om eendag 'n Grand Slam-toernooi, soos Duitser Angelique Kerber, te wen. "Elke hond prys graag sy eie stert, maar dit is juis nie die geval met dié nederige tennisspelers nie," spog Wilma Alberts, tennis organiseerder by EG Jansen. E.G. Jansen is trots op elke tennisspeler! Baie sterkte met elke ligawedstryd vorentoe. #Tennis2019 #TennisbyJansen

#Tennis #Sport

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page