E.G. Jansen algeheel 7de in skaak!
Die spel skaak leer 'n mens om vir twee persone te dink. Jy oorweeg moontlike skuiwe vir jouself, maar ook watter moontlike skuiwe jou opponent oorweeg. Devon Smith, 'n gr-8 leerling, kan beslis dink vir twee persone. Hy deel bord 1 se bordprys na die naweek se NWU-Pukke skaakwedstryde. E.G. Jansen het dan ook verbeter vanaf die 13de posisie in 2018 na 7de in 2019. #Skaak2019 #SkaakbyJansen
