top of page

PUIK GEDOEN


Dit vat jare se oefening, deursettingsvermoë en toewyding om sukses te behaal in atletiek. Baie geluk aan die al die atlete wat fantasties presteer het by die Gauteng kampioenskappe: Hoogspring Dogters 0/17, Tweede plek, Brown, Alyssa (1.65m). Alyssa gaan dan ook deur na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Hoogspring Seuns 0/19, Vierde plek, Lottering, Mauritz (2.00m). Mauritz neem ook deel aan die "Club SA's vir Central Gauteng" sowel as die Tienkamp. Gewigstoot Seuns 0/19, Vierde plek, Briedenhann, Zhander (15.12m) #Atletiek2019 #AtletiekByJansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page