top of page

INTERHOëR ETE & - ATLETIEKBYEENKOMS


Graag gee ons die volgende reëlings rondom die Interhoër ete wat eerskomende Maandag, 18 Februarie 2019, in die skool se personeelkamer plaasvind, asook die Interhoër atletiekbyeenkoms wat eerskomende Dinsdag, 19 februarie 2019, by die Herman Immelman Stadion in Germiston aangebied word. Interhoër ete Dit is vir ons as skool ‘n eer om ons Interhoër atlete sterkte toe te wens vir die Interhoër atletiekbyeenkoms, en daarom nooi ons elke Interhoër atleet uit na ons Interhoër ete eerskomende Maandag, 18 Februarie 2019, in die skool se personeelkamer. Die funksie sal stiptelik om 18:00 begin en behoort teen 20:00 afgehandel te wees. Interhoër atletiekbyeenkoms 1. Vertrektye Die busse vir die atlete sal om 06:00 op 19 Februarie 2019 vanaf die skool vertrek na die Herman Immelman Stadion in Germiston. Die toeskouerbusse sal om 09:15 na die stadion vertrek. Alle atlete moet gebruik maak van die busse wat vanaf die skool na die stadion vertrek. Toegang vir nie-atlete beloop R20.00 per persoon. 2. Program en tye Die byeenkoms begin om 08:00 en sal ongeveer 19:00 afgehandel wees. Ons moet u daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. As die program vlot verloop, behoort die busse tussen 18:30 en 19:00 by Dr. E.G. Jansen (hoofhek) terug te wees.

3. Deelnemende skole GROEP 3: BRONS - Dr. E.G. Jansen - Hoërskool Lichtenburg - Hoërskool Linden - Hoërskool Marais Viljoen - Hoërskool Pietersburg - Hoërskool Vorentoe - HTS Witbank - Vereeniging Gim 4. Kleredrag Atlete moet in hul interhoër hempie en vol EG Jansen atletiekdrag geklee wees. Let daarop dat dit die korrekte EG Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere sal toegelaat word nie. Jansengroete #Atletiek2019 #AtletiekByJansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page