Atletiek by Menlo


ATLETIEKBYEENKOMS: MENLOPARK MASSA-ATLETIEK BYEENKOMS Graag gee ons die volgende reëlings rondom die atletiekbyeenkoms wat eerskomende Vrydag, 8 Februarie 2019, by Die Hoërskool Menlopark Atletiekstadion aangebied word. 1. Vertrektye Die busse vir die atlete sal om 12:00 vanaf Settstraat vertrek. Daar is geen toeskouerbusse wat na die stadion sal vertrek nie. Toegang vir volwassenes beloop R10.00 per persoon. 2. Program en tye Die byeenkoms begin om 14:00 en sal volgens die program om 22:10 afgehandel wees. Ons moet u daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. As die program vlot verloop, behoort die busse tussen 23:00 en 23:30 by Dr. E.G. Jansen (hoofhek) terug te wees. 3. Deelnemende skole Dr E.G. Jansen Hoërskool, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Waterkloof asook ‘n uitnodigingspan. 4. Kleredrag Atlete het toestemming om gedurende tweede pouse in hulle atletiekdrag te verklee. Let daarop dat dit die korrekte EG Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere sal toegelaat word nie. Die skooltoeskouers moet in skoolklere geklee wees. #Atletiek2019 #AtletiekByJansen

#Sport #ATLETIEK

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle
  • Twitter - White Circle
  • Instagram - White Circle

GPS Koördinate: S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen.