ATLETIEKBYEENKOMS Noordheuwel Top 15-Byeenkoms, 6 Februarie 2019.
Graag gee ons die volgende reëlings deur rondom die atletiekbyeenkoms wat eerskomende Woensdag, 6 Februarie 2019, by UJ atletiekstadion aangebied word. 1. Span MEISIES: 0/14 TENIKE BLUNDEN 1500M & 800M 0/14 CAMRYN VILJOEN 100M & 200M 0/15 CORLIZE STOLTZ 3000M & 1500M 0/15 SANITA MKWANAZI HOOGSPRING & VERSPRING 0/15 MICHELLE LUBBE GEWIGSTOOT & DISKUS 0/16 ALYSSA BOTHA HOOGSPRING & 100M 0/17 KAYLIN SMITH 100M & 200M SEUNS: 0/14 HAYMAN OLIFANT 200M & 800M 0/14 KEANU VAN LOGGERENBERG 100M HEKKIES & VERSPRING 0/15 JEANDRE KITCHING SPIESGOOI & DISKUS 0/16 RUAN BRONKHORST HOOGSPRING & VERSPRING 0/17 FRANCOIS DEYSEL GEWIGSTOOT 0/19 ZHANDER BRIEDENHANN GEWIGSTOOT 0/19 JUAN OELOFSE 200M & 400M 0/19 MAURITZ LOTTERING HOOGSPRING 2. Vertrektye Die busse vir die atlete sal om 08:00 vanaf Dr. E.G. Jansen Hoërskool vertrek. Daar is geen toeskouerbusse wat na UJ atletiekstadion sal vertrek nie. Atlete is welkom om met hulle eie vervoer te gaan na die stadion. Ons vra dat alle atlete om 09:30 by die stadion sal wees waar ons dan almal as 'n span, op die hoof pawiljoen, bymekaar sal kom. 2. Program en tye Die byeenkoms begin om 10:00. Programme sal vroeg in diè week beskikbaar gestel word. Ons moet u daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. 4. Ordereëlings Indien ‘n atleet met sy/haar eie apparaat wil deelneem, moet dit geyk wees. Atlete moet asb. ‘n ykingsertifikaat aan die betrokke hoofbeampte by die item verskaf. Geen ykingsbeampte sal op die dag beskikbaar wees nie. 5. Kleredrag Atlete het toestemming om in hulle atletiekdrag skool toe te kom Woensdag, 6 February 2019. Let daarop dat dit die korrekte EG Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere sal toegelaat word nie. Jansengroete #Atletiek2019 #AtletiekByJansen
