top of page

ATLETIEKBYEENKOMS: 32ste Jaarlikse Menlopark Atletiekuitnodigings-Byeenkoms, 1 Februarie 2019.


Graag gee ons die volgende reëlings deur rondom die atletiekbyeenkoms wat eerskomende Vrydag, 1 Februarie 2019, by Die Hoërskool Menlopark Atletiekstadion aangebied word. 1. Vertrektye Die busse vir die atlete sal om 11:30 vanaf Settstraat vertrek. Daar is geen toeskouerbusse wat na die stadion sal vertrek nie. Toegang vir toeskouers is R10.00 per persoon. 2. Program en tye Die byeenkoms begin om 13:00 en sal volgens die program om 22:10 afgehandel wees. Ons moet u daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. As die program vlot verloop, behoort die busse tussen 23:00 en 23:30 by Dr. E.G. Jansen (hoofhek) terug te wees. 3. Deelnemende skole Dr. E.G. Jansen, Hoërskool Hugenote (Wellington), Hoërskool Menlopark, Hoërskool Monument, HTS Middelburg, Pietermaritzburg en Distrikte, Pretoria Boys High School, Pretoria High School for Girls, Jeppe Boys High, King Edward VII School asook 'n uitnodigingsspan. 4. Kleredrag Atlete het toestemming om gedurende tweede pouse in hulle atletiekdrag te verklee. Let daarop dat dit die korrekte E.G. Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere sal toegelaat word nie. Die skooltoeskouers moet in skoolklere geklee wees. Jansengroete #Atletiek2019 #AtletiekByJansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page