Hoërskool Dr. E.G. Jansen se onderwysers en leerlinge is tydens die afgelope Ekurhuleni-distrikprysuitdeling vereer vir hul besondere prestasies. Baie geluk aan Tineke du Plessis en Wiehan van Pletzen. Hulle twee is onderskeidelik 1e en 2e in Ekurhuleni-Suid en ook algeheel 1e en 2e in Ekurhuleni as die beste presterende matrikulante van 2018! Julle harde werk en deursettingsvermoë gaan weer ons volgende matriek klas ook motiveer. Tineke het ook die Ekurhuleni-vakprestasie in Engels (EAT) behaal. Jansen-onderwysers ontvang die volgende vaktoekennings in Ekurhuleni-Suid vir hulle top matriekuitslae: • Rekeningkunde: Me. Adri Cloete • Fisiese Wetenskappe: Me. Wilma Alberts • Afrikaans HT: Me. Marlene Flemming en Magda Scholtz • Engels EAT: Me. Elmarie Keyser, Me. Lien Forbes en Mnr. Kris Schoeman • Drama: Me. Lilian Minnaar E.G. Jansen behaal 'n 2e plek (Ekurhuleni-Suid) asook 'n 7e plek (Ekurhuleni) uit die 10 toppresterende skole wat aangewys is.