top of page

Totsiens aan Juffrou Magda Slabbert


E.G. Jansen het juffrou Magda Slabbert tydens ‘n spesiale vaarwelete gegroet as onderwyseres van Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Hier is 'n paar interessante feite van juffrou Slabbert wat julle dalk nie weet: Aanstellingsdatum: 1 Januarie 1992 Vakke aangebied: Wiskunde Buitemuurse aanbiedinge: Hokkie Eerste indrukke van E.G. Jansen: "Die dogters se rokkies is baie, baie, baie geel." Grootste verskil wat E.G. Jansen in Juffrou se lewe gemaak het: "Ek was besig, besig, besig! Maar ek het in alle opsigte baie gegroei - emosioneel, geestelik en intellektueel. Ek het ook geleer dat 'n mens nie moet bang wees om te waag nie..." Spesiale oomblikke by E.G. Jansen: "Al die wonderlike akademiese - en sportprestasies van my kinders. Ook die gr. 12-uitslae was altyd 'n hoogtepunt. Om die Pretoria skole te wen, was natuurlik 'n bonus! En om te ervaar dat jou leerders Wiskunde verstaan..." Watter verskil het juffrou aan E.G. Jansen gemaak?: "Ek het die mentor-stelsel gevestig met my fokus op die gr. 8-leerlinge. Ek het ook altyd probeer om alles deeglik te doen en natuurlik om 'n goeie Wiskunde onderwyseres te wees." Wie in E.G. Jansen was juffrou se grootste rolmodel?: "Niemand en almal. Ek het van die begin af by elke persoon met wie ek te doen gehad het iets geleer. Hoe om af te rig, skool te hou, met kinders te werk, om te gee vir die mense om jou. Om lief te wees vir Jansen. Waar gaan juffrou nou heen?: "Ek tree af om saam met my man lekker dinge te doen soos kuier by die kinders, vakansie te gaan hou, op 'n bootrit te gaan, te gaan kuier op die plaas en ook om sommer net niks te doen nie!" E.G. Jansen gaan u mis, maar gun u die welverdiende aftreehoofstuk. Mag dit net goeie en geseënde jare vorentoe wees. #TotsiensMaarNieVaarwel #JuffrouSlabbert

0 comments
bottom of page