Baie welkom terug aan Reghardt Botha - 'n ou bekende. Hy is aangestel as E.G. Jansen se nuwe sportdirekteur. Kort Geskiedenis: Reghardt was 12 jaar betrokke by E.G. Jansen voordat hy vir 2 jaar by Hoërskool Menlopark aangesluit het. Reghardt is ook afrigter vir die Tuks eerstespan en het vir 10 jaar die Brakpan Rugbyklub se eerstespan afgerig. Hy was ook vir 3 jaar betrokke as afrigter by die Cravenweek. Reghardt glo in E.G. Jansen. "Dit is 'n "great" skool! Ek wil weer help om die tradisie en trots van die skool uit te bou." #WelkomByJansen #Sport2018