Kultuur: Nuus
Mauritz Lottering van Hoërskool Dr. E.G. Jansen spring hoog en speel.'n hoofrol in die musiekvideo "Die lied wat skree", gesing deur Heuning. Hulle is baie opgewonde om aan te kondig dat hulle nuutste musiek video "Die lied wat skree" eerskomende Maandag aand 29 Oktober, 19h30 vir die eerste keer op Kliphard op SABC2 vrygestel gaan word. Die video is by Hoërskool Hartbeespoort en Stephanus Roos Laerskool verfilm deur die baie talentvolle Johan van Vuren van Van Vuren Imaging. Die Suid Afrikaanse Hoogspring kampioen Mauritz Lottering, Logan Brussow en Jan van Heerden vertolk die hoofrolle! Jacques Mouton en Kyron Turnbull speel saam met ons in die orkes. Kyk gerus uit vir hom!!!!


