top of page

'n Droomspan


- Henk Top 'n Droom word uiteindelik waar vir 'n droomspan. Vandat die onder 16B - rugbyspan twee jaar gelede as 'n span begin saamspeel het, het daar elke seisoen iets ontbreek. elke jaar het hulle skoonskip gemaak in al hul wedstryde net om oor die laaste hekkie te struikel. In 2016 as 0/14's het hul daarin geslaag om deur te dring na die semi - finaal van die Tuksreeks net om toe naelskraap teen Rustenburg te verloor. In 2017 vorder hul tot in die finaal en verloor to hartverskeurend teen Transvalia in die doodsnikke van die wedstryd. In 2018 maak hul seker en wen Garsfontein oortuigend in 'n pragwedstryd van passie en talent. Wat die oorwinning nog meer speciaal maak, is dat dit die laaste Tuksreeks is wat gespeel is. Vandag die span begin saamspeel het, was dit duidelik dat daar iets spesiaals aan hierdie span span is. Behalwe vir hope talent het hierdie span altyd met integriteit en ware sportmangees gespeel. Die wenmotief was nooit hul eerste prioriteit nie, maar hulle het eerder gefokus op sportmanskap en respek vir mekaar en hul teenstanders. Hierdie span het verder ook voortgebou op hierdie prestasie in die Virsekerbeker, deur al hul wedstryde te wen en een gelykop te speel. Hulle is dus onoorwonne in albei ligas, nadat hulle nie een wedstryd verloor die hele jaar nie. Hierdie span sal voorwaar onthou word as een van die suksesvolste spanne van E.G. Jansen.

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page