top of page

MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsamelings-program:


Beste Ouer Help Hoërskool Dr EG Jansen om waardevolle fondse in te samel met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsamelings-program. MySchool dra elke maand meer as R 5 miljoen by tot hulle begunstigdes! Die beste deel: Dit kos jou as ‘n ondersteuner, nie ‘n sent om ‘n verskil te maak nie! Hoe werk die Program? Fondse word op ‘n maandelikse basis ingesamel vir ons skool. Gebruik eenvoudig jou MySchool kaart wanneer jy by een van die MySchool-vennote koop. Hierdie sluit in: Woolworths, Engen QuickShop, Waltons, Loot.co.za, Flight Centre, Worksheet Cloud, Power24.co.za, Wimpy Carnival Mall, Mugg & Bean Carnival Mall, Supa Quick Boksburg en Jack’s Paint om net ‘n paar te noem. Hulle gee namens jou ‘n persentasie van die bedrag wat jy bestee het, aan jou skool. Wat is die voordele om deel te wees van die MySchool-program? •Samel fondse in vir jou skool sonder dat dit jou ‘n sent kos •Meer as 1500 vennote waar jy jou kaart kan gebruik om fondse in te samel en afslag te kry by Woolworths. •U het die keuse om tot drie skole of liefdadigheids instansies te ondersteun. •Kry maandelikse terugvoering via die MySchool-staat oor die bedrag wat ingesamel is Hoe begin ek? 1.Doen aansoek vir jou kaart deur die aangehegte aansoekvorm te voltooi en terug te stuur na die skool, of doen aanlyn aansoek by www.myschool.co.za of per telefoon by 0860 100 445. Onthou ons skoolnaam is die begunstigde. 2.Het jy reeds ‘n kaart? Verander of voeg ‘n begunstigde/skool by – jy het nie ‘n nuwe kaart nodig nie. Kontak eenvoudig MySchool by www.myschool.co.za of 0860 100 445 Algemene vrae Is dit moontlik om meer as een begustigde te hê? Ja. U kan tot 3 begunstigdes ondersteun. Fondse sal eweredig tussen die begunstigdes verdeel word. Ek het reeds ‘n kaart. Moet ek n nuwe een kry? Nee. Verander slegs u begunstigde. U kan dit aanlyn doen by www.myschool.co.za, of op ‘n aansoekvorm (merk die “verander begunstigde”) of bel MySchool by 0860 100 445 (Ma –Vr tussen 08:00 en 17:00). Ek het n Woolworths kaart. Hoe kan ek dit aan MySchool Koppel? Woolworths kaarte is nie outomaties aan MySchool gekoppel nie. Kontak asseblief MySchool by 0860 100 445 en vra dat u kaart gekoppel word. Onthou jou Woolworths kaart kan net by Woolworths gebruik word, terwyl die MySchool kaart by verskillende vennote gebruik kan word. LAAT ELKE TRANSAKSIE TEL – WORD VANDAG DEEL! https://www.egjansen.co.za/myschool-kaart

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page