Bespreek Nou vir jou funksie by E.G. Jansen se eie Le Petit Restaurant en help met praktiese ure wat leerlinge moet aflê.
LE PETIT RESTAURANT
Dit is ons eie gesellige restaurant wat bestuur word deur die Hotelskool. Hierdie restaurant is ingerig om troues, verjaarsdae, reünies, enige onthale of partytjies aan te bied. Daar is flinke diens deur ons eie leerlinge, wat weer help met hulle praktiese ure wat ingewerk moet word.
Kom stel u eie spyskaart op. Sien hieronder vir keuses. Smaaklike geregte teen billike pryse...
Verdere reëlings:
Pons: R30 per beker
Venuegeld: R800 betaalbaar by BESPREKING. NIE terugbetaalbaar in die geval van kansellasie nie.
Tafeldoeke en overlays ingesluit
Minimum van 30 gaste
GEEN EIE DRANK. Kontantkroeg beskikbaar
Blomme ekstra
50% deposito by bespreking
10% fooitjie op totale bedrag vir leerders
Finale betaling 1 dag voor die funksie
Op aanvraag kan enige geregte bygevoeg word
Kontakpersone:
Sanette Lubbe: 074 897 8051 Marlize Burger: 072 827 2505
Vir meer inligting; https://www.egjansen.co.za/hotelskool