Uitklophou in eerste minuut!
Baie geluk aan Tristan Webb wat op 2 Desember 2017 sy 3de Pro boksgeveg gewen het met 'n fantastiese uitklophou in die eerste minuut. Dit wil gedoen word.
Tristan is 'n gr. 12-leerling hier by E.G. Jansen en die bokstoernooi staan bekend as die Andre Thysse "Real Steel Promotions Toernooi".
Jansengroete.



