top of page

Suid-Afrikaanse Bokskampioen by Hoërskool Dr. E.G. Jansen​


In Augustus is Cayden Webb, 'n gr. 9-leerder by E.G. Jansen, aangewys as die Gautengkampioen van sy gewigskategorie in boks. Hy is ook gekies vir die SA-kampioenskappe wat vanaf 3-7 Oktober 2017 plaasgevind het in Glencoe, KZN.

Tydens die tweede dag van die "Junior and Youth South African Boxing Championships" het Cayden direk deurgedring na die semi-finaal. Hy het sy opponent in die derde ronde met 'n pragtige tegniese uitklophou (TKO) getroef. Hy wen ook die finale kompetisie en word gegradeer met die titel van "Gold Boxer". Hy is tand onoorwonne in sy opmars na roem.

Baie dankie aan mnre. M. Smuts en J. Burger wat Cayden geborg het.

#Boks #Sport #egjansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page