top of page

E.G. Jansen O/15-span vaar goed in Fast 5-netbaltoernooi


Fast5 (oorspronklik bekend as Fastnet) is 'n variasie van netbal waar daar in plaas van sewe spelers slegs met vyf spelers gespeel word en waar elke kwartrondte net ses minute duur en nie 15 minute soos tydens gewone toernooie nie.

Die nasionale toernooi word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Skole Netbal Unie (SASN) en is hierdie jaar gehou by die Izak Steyl Stadion in Sedibeng vanaf 1- 4 Oktober.

Hoërskool Dr. E.G. Jansen is baie trots op hierdie O/15-span wat algeheel 6de geëindig het in Suid-Afrika. Hulle deursettingsvermoë en harde werk motiveer almal om ook deurgaans harder te probeer.

Foto: T Fullard (Afrigter), A Mgoza, C Botha, A Steyn (Kaptein), C Bosman (Onderkaptein), C van Vuuren, L de Lange, A Trahms, J Scott

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page